You are here: Home » Latest News » Wills » RSG: Potgooi – ’n hofsaak oor die geldigheid van ’n testament

RSG: Potgooi – ’n hofsaak oor die geldigheid van ’n testament

In die RSG-program Regsake fokus prokureur en FISA-lid Volker Krüger op ’n hofsaak oor die geldigheid van ’n testament. Die oorledene het die dokument met ’n duimafdruk onderteken, en daar is onder andere aangevoer dat sy onbehoorlik beïnvloed is.

Krüger bespreek die feit dat indien ‘n testament aan al die vormvereistes voldoen, die testament as geldig beskou sal word. In die Suid-Afrikaanse reg geld die beginsel van testeerbevoegdheid en kan die testateur beskik oor die bates, soos wat hy goeddink.

Indien iemand die geldigheid van ‘n testament wil betwis, is die onus op hom om die hof te oortuig dat die testament as ongeldig beskou moet word.

Luister hier.

Recent Posts